|
WICAR Bovelders se Besigtigingsdag @ Swartfontein, Vrede op 6 Junie 2026 was 'n
groot sukses en is goed bygewoon deur belangstellendes. Die
Bovelder bulle wat op 18 Junie 2026 aangebied gaan word, is
van nader besigtig. Insiggewende bulbesprekings was gedoen
deur Dr. At Viljoen en Farmer Skead van die Bovelder
Beesstudiegroep. Dit was 'n aangename en leersame dag waar
goeie bulle, waardevolle inligting en uitstekende samesyn
hand aan hand gegaan het. Baie dankie vir almal wat die dag
bygewoon en ondersteun het. Ons sien uit daarna om kopers
weer op 18 Junie 2026 by die veiling te verwelkom
|
| |
|
|
|
Ons het op 26 Januarie 2026 n baie goeie Bek-en-klou
inligting vergadering gehad met Dr Danie Odendaal as
spreker. Ons waardeer dat hy tyd geneem het om ons the kom
toespreek en inligting te deel.
|
| |
|
|
|
Streek 3 Suid Oos Ovs het 02 Desember 2025 'n baie suksesvolle en
lekker streeksgroep byeenkoms by Cobus de Jager gehou. Ons
het oor die grootmaak, seleksie en parings ouderdom van
verse gesels. Baie dankie aan Richard Haupt wat die groep
gelei het. Dankie ook aan Cobus de Jager dat ons dit by jou
kon hou. Dankie aan elkeen wat die dag bygewoon het. Ons
sien uit om nog sulke dae te hou. Die onderskeie streke kan
ons kontak en kan laat weet waaroor hulle graag wil gesels.
|
| |
|
|
|
Boshoek Bovelders (Paul van Niekerk en Charl Theron) en
Maritz Bovelders (Jaco Maritz) bied 'n baie suksesvolle Bul
besigtigingsdag aan op 30 Julie 2025 te Plaas Boshoek en
Plaas Eksteen, Memel.
|
| |
|
|
|
Deale Bovelders en Charfontein Boerdery hou 12 Julie 2025 'n
baie suksesvolle bulbesigtigingsdag.
|
| |
|
|
|
Die Optimum Bovelder groep en Mandy Farming hou 25 Junie
2025 n baie suksesvolle bulbesigtigingsdag.
|
| |
|
|
|
Wicar Bovelders (Willem en Oom Carel Cilliers) en Paardenkop
Bovelders (Piet en Oom Toebie Potgieter) bied 'n baie
suksesvolle besigtigingsdag aan op 07 Junie 2025.
|
| |
|
|
|
Op 22 Mei 2025 hou Hirsaw Livestock, Val Grain Co. en
Platberg Agri n baie suksesvolle besigtigingsdag.
|
| |
|
|
|
Baie geluk aan Paul van Niekerk wat 'n Ere Lidmaatskap
toekening vir sy uitmuntende diens en leierskap aan die BBSG
tydens ons jaarlikse dinee op 6 Mei 2025 te Vrede Hotel
ontvang het. Ons waardeer sy insette en wat hy vir die BBSG
doen BAIE!!!
|
| |
|
|
|
Die Bovelder Bees Studiegroep in samewerking met FSB
Boerdery hou 19 Maart 2025 'n baie suksesvolle en
insiggewende boeredag op die plaas Batavier, Reitz.
|
| |
|
|
|
Mandy Farming hou 12 Maart 2025 n baie suksesvolle
inligtingsdag op die plaas Welgegund, Harrismith.
|
| |
|
|
|
Op 27 November 2024 het ons n Insiggewende BenguFarm
opknappingskurses in Vrede Hotel aangebied. Baie dankie aan
Leslie Bergh van Bull's Eye Consulting wat dit aangebied
het.
|
| |
|
|
|
|
Baie dankie aan Hirsaw Livestock dat ons jul Boerdery kon
besoek op 17 September 2024. Mooikrans se Landbou studente
het die dag baie geniet en hul s hul het baie geleer.
Jeanette baie dankie vir jou insette en al jou voorbereiding
en re lings.
|
| |
|
|
|
Op 12 September 2024 bied Richard Haupt n veewagters
opleidingskurses aan by ALS Bovelders.
|
| |
|
|
|
Die BBSG hou n baie suksesvolle veewagters opleidingskursus
op 10 September 2024. Baie dankie aan Robyn Leslie
(Sesisonke Livestock) wat hul fasiliteite aan ons beskikbaar
gestel het.
|
| |
|
|
|
Deale Bovelders, Charfontein Boerdery, Boshoek Bovelders en
Maritz Bovelders hou 10 Julie 2024 n baie suksesvolle
besigtigingsdag.
|
| |
|
|
|
Ons wil net graag vir Kobus Odendaal s baie geluk met sy ere
lidmaatskap wat hy ontvang het. Baie dankie vir jou bydrae
tot die studiegroep se sukses. Dit is 4 Julie 2024 by Mandy
Farming se veiling aan hom oorhandig deur ons voorsitter
Paul van Niekerk.
|
| |
|
|
|
Daspoort Bovelders (Derick Ku n) hou 19 Junie 2024 'n baie
suksesvolle bulinligtingsdag.
|
| |
|
|
|
Dewald te Water Boer van die jaar vir 2024 bied n baie
lekker boerdag aan op 22 Mei 2024.
|
| |
|
|
|
Baie geluk aan Nick Leslie
van Clan Leslie Estates ontvang n toekenning vir deelname
en lojaliteit aan die Bovelder Bees Studiegroep. Hy ontvang
die toekenning by ons jaareindfunksie wat gehou is die 30ste
April 2024 by Vrede Hotel.
|
| |
|
|
| |
|
Die BBSG hou 'n baie
suksesvolle inligtingsdag op 4 April 2024 in Burgersdorp in
samewerking met BKB.
|
| |
|
|
| |
|
Op 13 Junie 2023 tydens Hirsaw Livestock se veiling is daar
n Erelidmaatskap sertifikaat aan Johan Engelbrecht
oorhandig vir uitnemende diens gelewer aan die BBSG. Johan
tree nou af en vertrek na die Wes Kaap waar hulle gaan bly.
Johan het in 1998 met Bovelders begin boer en in 2001 by die
studiegroep aangesluit. Johan was verskeie kere op die
bestuur van die BBSG en het n groot bydrae gemaak. Ons sal
altyd onthou JE 10 069 wat Johan hulle geteel het en n
groot bydrae tot die Bovelder gemaak het. Johan jy is n
ongelooflike mens wat met opregtigheid en eerlikheid n mooi
voorbeeld vir ons almal is. Ons bid vir jou en Lizette net
die beste toe. Mag julle vashou aan God se liefde en Genade
en mag God julle se n met die keur van sy se ninge.
|
| |
|
|
Bertus
Burgers van Rietvallei Bovelders hou n uitstekende
inligtings dag!
|