|
Welkom by die BOVELDER
BEES STUDIEGROEP
In
1978 het 11 kommersiële beesboere van die Vrede-Memel-Warden
distrikte in die Noord-Oos Vrystaat oor die toekoms van hul
onderskeie vleisbeeskuddes besin. Die uitdaging was om
teeldoelwitte daar te stel wat ekonomies volhoubaar was. Die
volgende opsies is oorweeg naamlik Suiwerteling, Kruisteling
of ń Saamgestelde Ras (“Composite breeding”). Saam met Dr.
Hermann Venter, ‘n węreld bekende veekundige en topstudent
van wyle Prof. Jan Bonsma, het die groep boere, onder
leiding van Dr. At Viljoen die volgende teelbeleid-beginsels
aanvaar...
LEES MEER |