Eoudia Pretorius    076 533 0627    info@bovelder.co.za

  
  

Tuisblad   ••   Bovelder Studiegroep   ••   Kalender   ••   Diere te Koop   ••   Veilings   ••   Gallery   ••   Publikasies   ••   Lede   ••   Kontak Ons

  
 
  
STUDIEGROEP LIDMAATSKAP
• • • • • • • •
  

Vereistes vir lidmaatskap van die Bovelder Bees Studiegroep

Die afgelope 40 jaar is sterk bande en verhoudings opgebou met elke lid. Die groep is voortdurend besig om te streef na verbetering en daarom word deelname aan groepsaktiwiteite hoog aangeslaan, omdat dit ń saambindende faktor is. Aktiewe lidmaatskap en betrokkenheid van ons lede vorm die hartklop van die studiegroep en is dus baie belangrik vir die volhoubaarheid en voortbestaan van die unieke Bovelder ras.

A. PERSOONLIKE VEREISTES

    ●  ‘n Toegewyde persoon met ‘n passie vir beesboerdery en die Bovelder ras in besonder.
    ●  ‘n Boer wat sy vertroue in die Bovelder as saamgestelde ras plaas en bereid is om ‘n positiewe bydrae te lewer tot die uitbou van die ras as een van die mees
         funksioneel doeltreffende rasse in Suid-Afrika.
    ●  Iemand wat voordurend streef om te verbeter, deur by ander te leer en ook nuttige inligting te deel.
    ●  Iemand wat n eerlike aanbieding kan maak en die integriteit van sy produk sal beskerm.
    ●  Deelname aan groepsaktiwiteite soos veilings, aankope, ledevergaderings, besoeke aan mede-telers, moet hoog aangeslaan word, omdat dit ń saambindende
         faktor is.

B. ALGEMENE VEREISTES

    ●  Kuddeklas van alle vroulike diere moet ondergaan word.
    ●  Keuring van alle bulle in die opgradering na die Bovelder is ononderhandelbaar.
    ●  Rekord houding van individuele diere en deurlopende opdatering van produksiedata word sterk aanbeveel.
    ●  Prestasie toetsing is ‘n vereiste vir deelname aan veilings.
    ●  Diere in die kudde moet fenotipies geskik geag word om as Bovelder basisdiere geklassifiseer te word.
    ●  Slegs goedgekeurde bulle mag in die kudde gebruik word.
    ●  Infusie mag slegs met die goedkeuring van die BBSG bestuur gedoen word.
    ●  Alle nageslag moet aan die minimum genotipiese en fenotipiese standaarde voldoen, om in aanmerking te kom vir opvolg generasies.
    ●  Die neergelegde teel- en bestuursriglyne moet nougeset toegepas word.
    ●  Geen lid mag veilings hou onder die vaandel van die Boveldernaam, sonder toestemming van die bestuur nie.
    ●  Fasiliteite soos hanteringsgeriewe en ʼn skaal moet in plek gesit word.
    ●  Hoë keuringstandaarde sal by alle lede gehandhaaf word.
    ●  Betaling vir dienste soos o.a. veilings en bemarking, asook ledegelde moet nagekom word.
    ●  Opgraderingsfase en tydstip van verandering sal deur die bestuur bepaal word, volgens neergelegde riglyne.

 
 
  
2026    |    Bovelder Bees Studiegroep    |    Terme & Voorwaardes    |   Website by 123 Internet