Eoudia Pretorius    076 533 0627    info@bovelder.co.za

  
  

Tuisblad      Bovelder Studiegroep      Kalender      Diere te Koop      Veilings      Gallery      Publikasies      Lede      Kontak Ons

  
 
  
VEILING UITSLAE
    
  

Hirsaw Livestock Produksieveiling
3 Junie 2026 | Grootvlei, Trichardt

Die Hirsaw Livestock Produksieveiling wat op 3 Junie 2026 by Grootvlei, Trichardt aangebied is, was baie suksesvol.

Die 28 bulle het 'n gemiddelde prys van R69,640 behaal, terwyl die 26 dragtige verse gemiddeld R17,000 elk verkoop het. Die 110 dragtige koeie het 'n gemiddelde prys van R20,450 behaal.

    ●  Die duurste bul van die dag was Lot 8, wat vir R190 000 verkoop is aan Whiterocks Bovelders (Erhard Breet).

Dankie aan alle kopers, bie rs, ondersteuners, personeel, BKB en Meerkat Online Auctions vir hul bydrae tot die suksesvolle aanbieding van die veiling.
 
         

   

 
Mandy Farming hou Donderdag 18 September 2025 'n puik vroulikedier veiling op die plaas Welgegund, Harrismith.

Daar was vier lotte dragtige koeie wat elk die hoogste prys van R21,500 behaal het en is onderskeidelik deur die volgende persone gekoop, Bekkie Viljoen, Louis Claasen en Gert Smit.

    ●  Gemiddelde prys op 199 Dragtige Koeie - R 20 350

100% verkope

BKB Bethlehem hou die veiling met Martienie Theunissen as bemarker en Jan Mostert as afslaer.
 
     
         

   
 

Op Donderdag 28 Augustus 2025 hou Molopo Bovelders, Maritz Bovelders en Boshoek Bovelders n puik veiling by Vryburg se skougronde.

    ●  Die duurste bul was Lot 29 van Boshoek Bovelders (Paul van Niekerk en Charl Theron) wat verkoop is vir R190,000 en is gekoop deur Emil Bothma (Koodoolake Trust)
    ●  28 Bulle is verkoop teen n gemiddelde prys van R66,000.

Die gemiddelde op die vroulike diere is as volg:
    ●  Koeie (3in1) - R25,000
    ●  Dragtige koeie - R19,900

Baie geluk!!

Karoo-Ochse hou die veiling met Steven Mathews as afslaer.
 
         

   
 

Optimum Bovelders hou hulle Tweede produksie veiling op Donderdag, 21 Augustus 2025 te Eeram Veilingskrale, Harrismith

    ●  Die Duurste bul was Lot 1 van Fyvie Farming en is verkoop vir R260 000 aan Joseph Baynes Estate.
    ●  Die gemiddeld op 32 bulle: R105 000.

Baie geluk met 'n uitstekende veiling!

100% verkope.

BKB Bethlehem hou die veiling met Martienie Theunissen as bemarker en Jan Mostert as afslaer.
 
          
       
              

   
 

Op Dinsdag 19 Augustus 2025 hou TXL Bovelders 'n baie suksesvolle veiling te Vivo.

    ●  Die duurste bul was Lot 57 en is vir R550 000 verkoop aan Uitdraai Boerdery (Human du Preez).
    ●  Die tweede duurste bul Lot 54 is vir R420,000 verkoop aan Rietvalley Boerdery (Bertus Burgers) en Klingsboerdery Pty Ltd (Othard Klingenberg)
    ●  Die derde duurste bul Lot 52 is verkoop vir R240,000 aan Enkeldebosch Boerdery (Christo Kruger).
    ●  Die duurste semen is verkoop vir R410 van bul DB19-1310 aan Anhali Boerdery Bk (Paul van Niekerk en Charl Theron).
    ●  Die tweede duurste semen is verkoop vir R380 ook van bul DB19-1310 aan Val Grain Company Pty Ltd (Norman en Monty Kerslake).

    ●  Die gemiddeld op die 7 kuddevaars bulle was R244,300.
    ●  Die gemiddeld op 16 - 3 jaar oue bulle was R67,800.
    ●  Die gemiddeld op 26 - 2 jaar oue bulle was R60,200.
    ●  Die gemiddeld op 37 - 1 jaar oue bulle was R22,200.
    ●  Die gemiddeld op 2677 stooitjies was R255.

Vleissentraal het die veiling aangebied met Sors Snyman as afslaer.
  
         
       
         

   
 

Op Woensdag 13 Augustus 2025 hou Boshoek Bovelders en Maritz Bovelders hulle jaarlikse produksie veiling te Boshoek - MEMEL.

    ●  Die duurste bul van Boshoek Bovelders was Lot 10 (PVN22-189) wat verkoop is vir R525,000 aan Walter Pretorius en John Faber van Dundee.
    ●  Die tweede duurste bul van Boshoek Bovelders was Lot 14 (PVN21-328) wat verkoop is vir R360,000 en is gekoop deur Deale Bovelders en KOJO Boerdery.
    ●  Die duurste bul van Maritz Bovelders was Lot 40 (M18-016) wat verkoop is vir R300,000 aan Deale Bovelders, KOJO Boerdery en Platberg Agri.

    ●  Gemiddeld op bulle is R108,000.

Baie geluk met n puik aanbieding.

BKB Frankfort hou die veiling met Deon Stegmann as bemarker en Jan Mostert as afslaer.
 
         

   
 

Battlefield Bovelders hou n suksesvolle veiling op Vrydag 11 Julie 2025 by Lowlands Veilings Krale.

    ●  Die duurste bul wat verkoop is, was Lot 8 van Morgental Bovelders (Shaun de Jager) en is verkoop aan Val Grain Company (Monty Kerslake) vir R140,000.

Gemidelde Pryse:
    ●  24 Bulle - R68,100
    ●  95 Dragtige koeie R14,700.

100% Verkope!

Baie geluk aan die verkopers Whiterocks Bovelders (Erhard Breet) en Morgental Bovelders (Shaun de Jager) met 'n puik veiling.

AAM hou die veiling met Brandon Leer as afslaer.
 
         

   
 

Op Woensdag 23 Julie 2025 hou Deale Bovelders en Charfontein Boerdery hulle jaarlikse produksie veiling.

    ●  Die Duurste Bul was lot 8 (DB21-1276) en is verkoop vir R450,000 aan Fick & Seun Beleggings (Coenraad en Barbra Fick & Wally Liebenberg) van Reitz.
    ●  Die gemiddeld op die 100 bulle was R107,350.
    ●  Die 227 dragtige koeie se gemiddeld was R23,500 en die 30 koeie met kalwers was R24,700.

100% Verkope!

Baie geluk met julle puik veiling!

Baie dankie aan elkeen wat die dag bygewoon en ondersteun het dit word opreg waardeer.

BKB Frankfort het die veiling aangebied met Jan Mostert as afslaer.
 
         
       
         

   
 

Mandy Farming hou Donderdag 3 Julie 2025 n puik veiling op die plaas Welgegund, Harrismith.

    ●  Die duurste bul was Lot 2 wat verkoop is aan Wicar Boerdery Bovelders (Willem Cilliers) van Vrede vir R300,000.
    ●  30 Bulle is verkoop teen n gemiddelde prys van R75,000.
    ●  Gemiddeld op 30 Dragtige verse was R17,500.

Baie dankie aan elke koper en kli nt wat die dag bygewoon het en bygedra het tot 'n suksesvolle veiling!

BKB hou die veiling met Jan Mostert as afslaer.
 
 
         

   
 

Op Dinsdag 24 Junie 2025 hou Daspoort Bovelders (Derick Ku n) n puik veiling op die plaas Rietfontein, Balfour.

    ●  Die duurste bul was Lot 16 wat vir R280 000 verkoop is aan Deale Bovelders (Cronje Deale) van Vrede.
    ●  25 Bulle was te koop aangebied en is verkoop teen n gemiddelde prys van R104,600.

100% verkope. Baie geluk!

BKB Standerton hou die veiling met Billy Lyons as afslaer.
 
 
         

   
 

Wicar Boerdery Bovelders (Willem en Carel Cilliers) se jaarlike produksie veiling was gehou met Paardenkop Bovelders as gasverkoper op 19 Junie 2025 op die plaas Swartfontein, Vrede distrik.

    ●  40 Bulle was te koop aangebied en is verkoop met n gemiddelde prys van R125,500.
    ●  Die duurste bul van Wicar Boerdery Bovelders was Lot 6 en is verkoop vir R ‪380,000‬ aan ‬Deale Bovelders (Cronje Deale) & Charfontein Boerdery (Andries Greyling).
    ●  Die duurste bul van Paardenkop Bovelders was Lot 10 en is verkoop aan Nicky van der Linde van Standerton vir R300,000.

100% Verkope!

Baie geluk met julle puik aanbieding!

BKB Standerton hou die veiling met Billy Lyons as afslaer.
 
   
         

   
 

Hirsaw Livestock - (Dewald Te Water en Jeanette Janse van Rensburg) hou 4 Junie 2025 'n puik veiling op die plaas Grootvlei, Trichardt.
Gasverkopers: Platberg Agri (Jan-Willem Lotz), Val Grain Company (Dick, Norman en Monty Kerslake), Vosstoffel Bovelders (Nicol,Erik en Jaco de Vos)

Die duurste bulle was Lot 4 (Verkoper Hirsaw Livestock) aan Deale Bovelders (Cronje Deale) en Lot 8 (Verkoper Hirsaw Livestock) aan Vosstoffel Bovelders albei verkoop vir R260,000.00.

    ●  Die gemiddeld op 39 bulle was R87,000.
    ●  Die gemiddeld op 109 dragtige verse was R18,270.

100% Verkope.

BKB Standerton hou die veiling met Billy Lyons as afslaer.
 
         
       
         

   
 

Die Bovelder Bees Studiegroep hou vandag 7 Mei 2025 'n uitstekende National Elite oop vers veiling by Vrede Ho rskool.

Die duurste lotte wat verkoop is was lot 3 van Boshoek Bovelders (Paul van Niekerk en Charl Theron) wat gekoop is deur FSB Boerdery en lot 13 van Maritz Bovelders (Jaco Maritz) wat gekoop is deur JD Botha van Standerton albei is gekoop vir R27,000.

    ●  Die gemiddeld van 198 verse was R18, 250.

100% Verkope!

BKB Frankfort hou die veiling met Jan Mostert as afslaer.
 
         
       
         

   
 

ALS Bovelders hou 16 April 2025 hulle Produksie Veiling op die plaas Mizpah, Memel.

    ●  Die duurste bul is verkoop vir R110,000 aan Niel en Pam Fyvie (Fyvie Farming) van Harrismith.
    ●  Die duurste Koeie en Kalwers (3in1) is verkoop vir R25,500 aan Corn Louwrens van Standerton.

Gemiddelde:
    ●  Bulle:  R54,500.
    ●  Koeie met Kalwers (3 in 1):  R24,154
    ●  Dragtige Verse:  R18,290
    ●  Oop Verse:  R 11,000

Baie geluk met n puik aanbieding.

BKB Frankfort hou die veiling met Jan Mostert as afslaer en Deon Stegmann as bemarker.
 
         
   
         

   
 
 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

 
   

Die Bovelders hou uitstekende Elite vers veiling!




 
   

 
   

Boshoek & Maritz Produksieveiling
09 / 02 / 2023

Maritz Bovelders (Jaco Maritz) en Boshoek Bovelders (Paul van Niekerk en Charl Theron) het vandag hulle 13de Produksie veiling gehou op Memel.

Die duurste (3in1) koeie Lot 4 is gekoop deur Bertus Burgers van Rietvallei Bovelders vir R60,000. Die gemiddeld op 172 koeie en kalwers (3in1) was R34,732. Die duurste koeie en kalwers(moontlik dragtig) was R27,000 en die gemiddeld van 23 koeie en kalwers(moontlik dragtig) was R25, 956.Die duurste dragtige verse verkoop vir R28,000. Gemiddeld op 33 Dragtige verse was R25,545. Die duurste oop verse was R20,000 en die gemiddeld op 68 oop verse was R18,551. Dit was 'n lekker nat dag maar tog het mense van heinde en verre opgedaag. Baie dankie aan elkeen wat die dag bygewoon en ondersteun het.
 
   

Bovelder Bees Studiegroep hou uitstekende Nasionale Elite Oop Vers Veiling op Woensdag 4 Mei 2022 te Vrede.

Die duurste 2 lotte lot 12 (8 verse) en lot 35 (7 verse) van Deale Bovelders van Vrede verkoop vir R47 000 stuk aan die Welbedact groep van Wepener, Fritz Ferreira, Ulrich Wagener en Dani l van Tonder.

Al die verse op die veiling verkoop vir n gemiddeld van R32 642.

Baie geluk vir n suksesvolle dag. Die veiling is aangebied deur BKB Standerton met Jan Mostert as afslaer. Baie dankie aan al ons kopers.

Van links Dani l van Tonder, Ulrich Wagener, Fritz Ferreira, (kopers Welbedact groep) Jan Mostert (afslaer) en Cronje Deale (verkoper).
 
   

Op Woensdag 10 Februarie 2022 het Maritz en Boshoek Bovelders hulle jaarlikse produksie veiling gehou te Memel.

Dit was n ongelooflike dag met kopers van reg oor die land.

Die duurste (3in1) koeie verkoop vir R51 000. Die gemiddeld op die 179 koeie en kalwers (3in1) R36 080.
Die duurste dragtige verse verkoop vir R38 000. Gemiddeld op die 77 dragtige verse R31 625
Die duurste oop verse R 27 000. 77 oop verse se gemiddeld was. R21 928.

Baie dankie vir elke koper wat die dag bygewoon het. Dit was n baie suksesvolle dag.

BKB Frankfort hou die veiling met Jan Mostert as afslaer.
 
   

07 September 2021

Daspoort Bovelders van Derick Ku n se 2 de Produksie veiling verras met n besonderse Bul en Vroulikedier aanbod.  Kopers van oor die hele land het v r gery om hul genetika behoeftes te kom aanvul .

18 Bulle is aangebied en 100 % verkoop.
2 x Bulle verkoop tussen R 45 000 en R 55 000
6 x Bulle verkoop tussen R 70 000 en R 90 000
7 x Bulle verkoop tussen R 100 000 en R 115 000
1 x Bul gekoop vir R 120 000 deur W H Beaurain Bdy
1 x Bul gekoop vir R 125 000 deur Werner du Plessis
1 x Bul gekoop vir R 150 000 deur Deale Bdy

Die 18 Bulle op aanbod se Gemiddeld is R 95 000

116 Vroulike diere is aangebied en 100 % verkoop
33 Koeie met klein kalfies wat gewissel het in ouderdom, van 2010 - 2018
Laagste R 20 000
Hoogste R27 000
Gem R 23 181

40 x Dragtige koeie op die punt van kalf , ouderdomme het gewissel van 2013 - 2017
Laagste R 26 000
Hoogste R 30 000
Gem R 27 150

9 x 2018 Swaar dragtige verse
R 26 000

11 x 2010 Swaar dragtige koeie
Laagste R 17 000
Hoogste R 18 000
Gem R 17 454

23 x Jaaroud verse
Gem R 12 000

Baie Geluk aan elke Koper. Ons vertrou dat jul aankope jul kudde n hupstoot sal gee.  Baie Dankie aan elke onderbi r, sonder julle kan geen veiling suksesvol wees nie. Dankie aan die BKB Van Wyk , vir die aanbied en hantering van n baie suksesvolle veiling
 
   

11 Augustus 2021

2 van die oudste Bovelder kuddes nl. Boshoek en Maritz Bovelders pluk die vrugte, van jarelange toegewyde teling en seleksie. Die uitstaande aanbod het bestaan uit 77 Bovelder bulle .

Kudde bulle
6 x Bulle verkoop tussen R 55 000 en R 65 000.  Gem R 63 333
20 x Bulle verkoop tussen R 70 000 en R 85 000.  Gem R 76 750
23 x Uitsoek kudde bulle verkoop tussen R 90 000 en R 110 000. Gem R 98 260
16 x Kudde Vaars verkoop tussen R 120 000 en R 150 000.  Gem R 134 687
12 x Top Kudde Vaars
2 x R 170 000 - Kopers:  Spalding Bdy & Emmerentia Bdy
2 x R 180 000 - Kopers:  Emmerentia Bdy & Charfontein Bdy
1 x R 190 000 - Koper:  Bergstroom Boerderye (Edms)Bpk
2 x R 220 000 - Kopers:  Hirsaw Livestock Pty) Ltd & Uitdraai Bdy
2 x R 240 000 - Kopers: Deale Beef (Pty) Ltd & Bloubergkom Bdy
2 x R 360 000 - Kopers: Wicar Bdy Bk & Die Rietfontein Bdy Trust

Top Prys vir die dag - Teler Maritz Bovelders :
R 420 000
Koper:  Bloubergkom Bdy (Edms)Bpk

Baie geluk aan Pieter Hoogenboezem en Shaun White met jul keuse - M 18 060.  Gaan verseker n inpak in jul kudde maak.

Dankie aan elke koper en onder bie r , sonder julle is daar geen suksesvolle veiling nie.

Dankie aan BKB Louwid , vir die aanbied van n Puik veiling.
 
   

06 Augustus 2021

Farmer Skead se 48ste Bovelder Bul en Vroulike dier veiling weerspie l dat jarelange se toewyding en volgehoue ho seleksie druk en die aankoop van top genetika Bulle, tog die moeite werd is.  Farmer, you made the BBSG very proud, by producing Lot 8 FS 18 0127.  Son of HL 10 069 which is one of the Bovelder bulls that had the biggest impact in the BBSG. FS 18 0127 Dam is a excellent functional cow with 384 ICP over her 3 Calfs to date. FS 18 0127 was sold at a new Bovelder Record price of R 1, 2 million we like to congratulate Henning Pretorius on his excellent choice.

Die laaste 40 strooitjies beskikbare saad van HL 10 069 is verkoop, vir R 7000 stuk aan Henning Pretorius.  300 x Strooitjies saad van DB 16 155 ook n seun van HL 10 069 is verkoop teen R 2000 stuk aan Val Grain Company.

Vroulike diere was hoog in aanvraag.
17 x Swaar dragtige verse is verkoop vir n Gemiddeld van:  R 29 470
18 x Dragtige 2 de kalf koeie is verkoop vir n Gemiddeld van:  R 30 888
30 x Dek-gereed verse verkoop vir n Gemiddeld van:  R 23 000
30 x Jaar oud verse is verkoop vir n Gemiddeld van:  R 15 666

Bulle :
31 x 2 jr oud bulle is verkoop vir n Gemiddelde Prys van R 73 387.
12 x Bulle verkoop tussen R 30 000 - R 55 000.  Gem R 49 166
13 x Bulle verkoop tussen R 60 000 - R 75 000.  Gem R 65 384
3 x Bulle verkoop tussen R 80 000 - R 90 000.  Gem R 85 000
1 x Bul verkoop vir R 100 000 aan George Shaw
2 x Bulle vir onderskeidelik R 160 000 & R 320 000 aan Henning Pretorius

49 x 3 jr oud Bulle verkoop as volg:
30 x Kudde bulle
6 x Bulle tussen R 45 000 - R 60 000.  Gem R 52 500
11 x Bulle tussen R 65 000 - R 75 000.  Gem R 69 545
13 x Bulle tussen R 80 000 - R 95 000. Gem R 88 846
19 x Kudde Vaars
8 x Bulle tussen R 100 000 - R 120 000. Gem R 106 250
2 x Bulle vir R 140 000 stuk
1 x Bul vir R 170 000
2 x Bulle vir R 180 000 stuk - Koper: Henning Pretorius
2 x Bulle onderskeidelik: R 190 000 & R 200 000 - Koper: Henning Pretorius
1 x Bul vir R 210 000 - Koper: Jan Meyer

Baie Geluk aan Henning Pretorius met jou puik aankope van die 3 Top bulle van die dag
1 x R 240 000
1 x R 420 000
1 x R 1,200 000

Dankie aan elke koper en onder-bi r, sonder julle kan geen veiling suksesvol wees nie.
 
   

28 Julie 2021

Deale Bdy Bovelders en Charfontein Bovelders verras almal met die kwaliteit aanbod en 100% verkope.  Vroulike diere was goed in aanvraag en pryse was billik gewees.

30 Koeie met klein kalfies is verkoop vir n Gemiddelde prys van R 28 833.

239 Dragtige koeie het gewissel van R 21 000 - R 29 000
Ouderdom het wel n groot invloed op die prys van die dragtige koeie gehad.
Gemiddelde prys van die dragtige koeie was R 25 630

1 x R 240 000KB Louwid vir die aanbied van n uitstaande veiling.
 
   

28 Julie 2021

Deale Bdy Bovelders en Charfontein Bovelders verras almal met die kwaliteit aanbod en 100% verkope.  Vroulike diere was goed in aanvraag en pryse was billik gewees.

30 Koeie met klein kalfies is verkoop vir n Gemiddelde prys van R 28 833.

239 Dragtige koeie het gewissel van R 21 000 - R 29 000
Ouderdom het wel n groot invloed op die prys van die dragtige koeie gehad.
Gemiddelde prys van die dragtige koeie was R 25 630

Bul aanbod bestaande uit 70 bulle en kan duidelik in 2 groepe gedeel word nl ;
Kudde bulle en Kudde Vaars

Kudde bulle : was hoog in aanvraag en kompetisie goed.

13 Bulle tussen R 40 000 en R 65 000 verkoop vir gem R 56 000
17 Bulle tussen R 70 000 en R 85 000 verkooo vir gem R 78 000
10 Bulle tussen R 90 000 en R 95 000 vir  gem R 93 000
14 Uitsoek Kudde bulle tussen R 100 000 en R 110 000  Gem R 104 000
54 Kudde bulle verkoop vir  Gem R 82 000

16 Kudde Vaars verkoop as volg :
7 Bulle tussen R 120 000 en R 150 000 Gem R 136 000

Die 9 Top Bulle verkoop volg:

Cronje Bdy Abrie & Christo
1 x R 185 000
1 x R 240 000

Naude Rossouw
1 x R 210 000

Maritz Bovelders
1 x R 240 000

Charfontein Bovelders
1 x R 280 000

Jan-Willem Lotz
1 x R 280 000

Fyvie Farming
1 x R 320 000

Bloubergkom Bdy (TXL) Pieter Hoogenboezem
1 x R 380 000

Daspoort Bovelders D Kuun
1 x R 400 000

500 strooitjies Saad van die bekende beproefde DB "94" is vir n gemiddelde prys van R 1060 per strooitjie aan 5 Telers verkoop.

DEALE Bdy Bovelders en mede verkoper Charfontein Bovelders, Baie geluk met jul uitstekende aanbod.

Kopers van heinde en verre baie geluk met jul aankope ; Ons vertrou dat elke dier n aanwins vir jul kudde gaan wees.

Dankie vir elke onderbi r en aan BKB Louwid vir die aanbied van n uitstaande veiling.
 
   

14 Julie 2021

Hirsaw Livestock, Val Grain Company en Jan-Willem Lotz - baie geluk met 'n uitstekende veiling te midde snerpende koue - 13 grade plekke, Covid en die totale chaos in die land.  Bul pryse was baie billik en kopers kon kies en keur aan die kwaliteit diere op aanbod.

Bul pryse was as volg:

6 Bulle tussen R 35 000 - R 40 000
16 Bulle tussen R 45 000 - R 55 000
9 Bulle tussen R 60 000 - R 70 000
2 Bulle tussen R 75 000 - R 85 000
3 Bulle tussen R 90 000 - R 100 000
2 Bulle vir R 140 000 stuk

1 Bul vir R 170 000 - koper Piet Potgieter Lot 20 verkoper Hirsaw
1 Bul vir R 175 000 - koper Wicar Lot 25 verkoper Hirsaw
1 Bul vir R 180 000 - koper Gerhard Postimus Lot 6 verkoper Hirsaw
1 Bul vir R 230 000 - Kopers Jan-Willem Lotz & Deale Bdy Lot 8 verkoper Hirsaw

Gemiddelde prys op die 42 Bulle was:  R 74 166.67
100 % verkoop

Dek gereed verse was hoog in aanvraag 95 verse is aangebied
100 % verkoop.

Pryse het gewissel van: R 15 000 - R 18 000

Gemiddelde prys was R 16 400

Baie geluk aan die Telers en Dankie aan elke Koper.

Baie geluk met julle aankope, ons sien uit om die nageslag volgende jaar te sien.
 
   

22 Junie 2021

WICAR Bdy Bovelders skop op 22 Junie die 2021 Bulveilings seisoen op n ho noot af.  Die kwaliteit van die 39 Bovelder bulle word duidelik in die pryse weerspie l. Baie geluk aan oom Carel en Willem Cilliers vir jul passie en toewyding waarmee julle jul Bovelders bestuur en aan die Rooivleis bedryf beskikbaar stel.

Die Vroulike diere het goeie aftrek ontvang en pryse was as volg.

Gem pryse vir dragtige koeie wat in ouderdom gewissel het van 2012 - 2017 gebore
Hoogste was : R 26 000
Laagste was : R 18 000
Gemiddelde Prys vir die dragtige koeie , R 21 303

Dek gereed verse is opgeraap ,teen n gemiddelde prys van R 14 837

Gespeende verse is verkoop vir gemiddeld R 14 837.

Die Bulle het as volg verhandel:

7 Bulle verhandel tussen R 50 000 & R 60 000
9 Bulle tussen R 65 000 & R 80 000
9 Bulle tussen R 85 000 & R 95 000
7 Bulle tussen R 100 000 & R 110 000
 

3 Bulle vir R 115 000 - Koper : Cronje Bdy - Vrede
1 x R 150 000 - Koper : D. Kuun - Balfour
1 x R 190 000 - Koper : Charfontein Bdy - Vrede
1 x R 200 000 - Koper : Val Crain Company - Val
1 x R 210 000 - Kopers : Paul v Niekerk & Jaco Maritz albei van Memel

Gemiddelde prys van die Bulle: R 95 769

Baie dankie aan BKB van Wyk vir jul uitstekende werk en insette.

Dankie aan die kopers , wat die veiling moontlik gemaak het , ek vertrou dat die diere n groot aanwins vir julle kuddes gaan wees.
 
   

22 April 2021

ALS Bovelders se Vroulikedier Produksie veiling sluit die Herfs 2021 Bovelder Vroulikedier veilings op n hoogtepunt af.  Plaaslike kopers en kopers van so v r as Muiskraal in NW het megeding om van die Bovelder genetika te bekom.

3 in 1 Dragtige koeie met kalwers wat tot so swaar as 275 kg geweeg het.
Hoogste:   R 32 000
Laagste:   R 19 000
Gemiddeld:   R 27 183.96

Dragtige verse 6 -7 mnde dragtig
Hoogste:  R 23 500
Laagste:  R 20 000
Gemiddeld:  R 22 166.67

Oop verse reg om in die vroe lente gepaar te word
Hoogste:  R 16 000
Laagste:  R 12 750
Gemiddeld:  R 14 199.47

Baie geluk aan die ALS Bovelder Groep vir 'n puik aanbieding.

Kopers ek vertrou jul aankope gaan n positiewe bydra tot jul Beesboerdery maak.  Dankie aan BKB Louwid vir die hantering van die Herfs 2021 Bovelder Vroulikedier veilings. Dis lekker om met so n Profesionele span saam te werk.

Lekker Speen en lekker stroop. Dankie vir almal se Samewerking
 
   

25 Maart 2021

Die 41 ste Bovelder vroulike dier aanlyn veiling is te Vrede Hotel aangebied.  Die aanbod het bestaan uit:

98 x 3 in 1 koeie
161 x Dragtige verse
129 x Oop verse

Die Bovelder vroulikediere se gehalte was weereens van Uitstaande gehalte en is dan ook in die pryse weerspie l.

3 in 1 koeie
Laagste:  R 26 000
Hoogste:  R 41 000
Gemiddelde prys:  R 32 561.22

Dragtige Verse
Laagste:  R 20 500
Hoogste:  R 30 000
Gemiddelde Prys:  R 23 667.70

Oop Verse
Laagste:  R 12 000
Hoogste:  R 17 000
Gemiddelde Prys:  R 14 203.49

Baie geluk aan die telers met die Gehalte diere wat aangebied is.  Baie dankie aan elke koper en onder bie r wat die veiling n reuse sukses gemaak het.  Kopers ons vertrou dat jul aankope julle kudde n reuse sprong voorentoe gaan gee.
 
   

17 Februarie 2021
FARMER SKEAD
Bovelder vroulike dier veiling trek kopers van regoor die land.

165 x 3:1 koeie
Hoogste:  R 27 000
Laagste:  R 24 000
Gem:  R 25 548

58 x moontlike 3:1 koeie
Hoogste:  R 22 500
Laagste:  R 18 000
Gem:  R 20 965

45 x 6 mnde dragtige verse
Hoogste:  R 26 500
Laagste:  R 23 000
Gem:  R 24 622

83 x 3 - 5 mnde dragtige verse
Hoogste:  R 27 000
Laagste:  R 18 000
Gem:  R 24 060

92 x oop verse reg om die winter gepaar te word
Hoogste:  R 22 000
Laagste:  R 13 000
Gem:  R 19 554

Farmer, dit is verblydend om jou genetiese vordering in jou diere te sien. Baie geluk met jou aanbieding.

Kopers, ek vertrou dat die diere vir jul boerderye n groot aanwins sal wees.
 
   

11 Februarie 2021

Die 1 ste Bovelder vroulike dier veiling vir 2021 skop op n hoogte punt af.

Dis 'n baie belowende seisoen met goeie vooruitsigte vir n goeie graanoes en speenkalf pryse wat tussen R 40 en R 42 / kg verhandel.

Baie Geluk aan Maritz en Boshoek Bovelders met jul puik aanbieding. Dis die resultate van jarelange toegewyde en doelgerigte teling.

154 x 3:1 koeie is aangebied
Gem van R 32 470
Laagste:  R 28 000
Hoogste:  R 36 000

19 moontlike 3:1:  R 26 000

82 Dragtige verse (Gewissel van 2 - 6 mnde dragtig)
Gem van R 25 329
Laagste:  R 23 000
Hoogste:  R 28 500

88 oop verse gereed vir die bul.
Gem van R 19 102
Laagste:  R 17 000
Hoogste:  R 22 000

Wat baie interesant was, is dat daar n baie groot persentasie diere deur nie-Studiegroep lede gekoop is.

Dit wys die Bovelder het sy merk gemaak en dat die kommersi le boer gesien het dat die Bovelder produktief is en onder 'n wye reeks omstandighede goed aangepas is.

Baie geluk aan die kopers, ons vertrou dat jul baie gelukkig sal wees met jul aankope.
 
   

      Vroulike Diere Veiling - 13 Maart 2018
 
   

      Deale Bovelder & Memel Bovelder Veilings

 
 
  
2026    |    Bovelder Bees Studiegroep    |    Terme & Voorwaardes    |   Website by 123 Internet